Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
ʼn Gebroke hart behels meer as net teleurstellings in ons lewe. Dis ʼn krag wat alles vir altyd verander. ʼn Gebroke hart sal jou laat krul van pyn en laat snik van droefheid. ʼn Gebroke hart sal jou hygend na asem laat snak.
God het geweet dat terwyl ons hierdie kant van die hemel leef, daar mense, gebeure en kwessies sal wees wat die harte van sy geliefde kinders sal breek, en dus het Hy ʼn plan vir die mees verwoestende oomblikke in jou lewe ontwerp.
Die woord “gebroke” in Hebreeus is die woord shabar en dit beteken “om geweldadig te skeur, vernietig of verpletter, vermink, kruppel, om te versplinter of breek." Antieke Hebreeus is ʼn baie beskrywende taal en die woord shabar verskyn nie net met ʼn definisie nie, maar ook die situasies waarvoor dit in die definisie gebruik is. Hierdie woord was gebruik om skepe te beskryf wat van voor tot agter deur woeste winde versplinter en geskeur is. Dit was ook gebruik om die aksie te beskryf van ongediertes wat hulle prooi verskeur en oopruk. Dit kan letterlik vertaal word as “dié met die uitgeskeurde harte.”
Die woord vir hart in hierdie spesifieke Skrifgedeelte, is die woord leb en dit verwys na die siel of hart van ʼn mens. Dit sluit ons morele karakter, eetlus, emosies, passies en selfs die verstand en geheue in.
Wanneer die Psalmdigter in Psalm 147:3 verklaar: “Hy genees die gebrokenes van hart ...", is dit woorde van tere sorg en omgee. Hy herinner die ganse Christendom dat die Here liefdevol is teenoor dié wat ondenkbare pyn verduur. Hierdie pyn kan as gevolg van ʼn groot storm in jou lewe wees, of is deur ʼn onverskillige en boosaardige persoon veroorsaak. Die Here staan egter langs jou en gee deeglik aan jou versplinterde en bloeiende hart aandag.
As jy al ooit aan hierdie martelende toestand gely het, kan ek jou verseker dat jy nooit uit God se sorg was nie. As jy vandag emosioneel uitmekaar geskeur is en wonder hoe jy nog ʼn dag agter die rug gaan kry, wil ek jou gerusstel met die waarborg dat Hy nou by jou is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com