Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 27 VAN 30

Daar is ʼn baie kosbare gesegde waarin selfs Christene vertroosting gedurende tye van spanning en tragedie vind: “Tyd genees alle wonde.”

Mag ek jou net luidkeels meedeel – EK TEKEN BESWAAR AAN!! Tyd genees nie. Slegs God kan genees! Ek ken vrouens wat vandag nog net so bitter en kwaad is soos wat hul tien jaar gelede was. Tyd het nie hulle siele genees nie. Ek ken vrouens wat die blaamspeletjie vandag harder speel as wat hul dit 30 jaar gelede gedoen het. Tyd het nie daardie uitgeputte, harde vrouens genees nie.

Slegs Jesus het genesende krag en as jy ʼn gebroke hart het en na vertroosting verlang, moet jy jouself in sy teenwoordigheid week waar wonderwerke gebeur, nie as gevolg van tyd nie, maar deur Hom. Gaan jy toelaat dat Hy jou vandag in sy koesterende teenwoordigheid toevou, wat hy veral vir die gebrokenes van hart aanbied, en jou hart genees?

Niemand, behalwe die Here, kan ʼn gebroke hart herstel nie. Ander mense se woorde sal jou bemoedig en in ʼn mate genesing bring, maar die finale genesing kom altyd van die Here af. Goeie dade en gebare mag die seer van ʼn gebroke hart versag, maar niks of niemand anders behalwe die Here kan volkome genesing bring nie. Hy het die krag, liefde en Goddelike bekwaamheid om jou werklik te genees van die uitermatige pyn waardeur jy gaan.

God is in staat om jou siel te herstel en ʼn geestelike hartoorplanting uit te voer, indien dit is wat nodig is om jou te genees en weer hoop te gee. Dit lyk onmoontlik wanneer jy ʼn gebroke hart het, maar niks is vir God onmoontlik nie! Die wil van God is altyd herstelling en genesing.

Ons kan maklik die idee verstaan wat die Heilige Gees deur die Psalmdigter in Psalm 147:3 wil kommunikeer in die frase: “... en verbind hulle wonde.” Die beeld wat in die Hebreeuse taal geskets word, is die pragtige illustrasie van ʼn kleremaker wat versigtig, dit wat uitmekaar geskeur was, herstel en vaswerk. As jy ʼn gebroke hart het, weet ek van iemand wat deskundige vaardighede het om dit maklik en volmaak te herstel. Nie slegs is Hy in staat om jou gebroke hart te herstel nie, maar Hy het die begeerte om dit te doen.
Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com