Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Elke nag om middernag verander jy nie in 'n pampoen nie, maar jy ontvang 'n splinternuwe, blink geskenk. Ons almal ontvang dieselfde hoeveelheid van hierdie geskenk, ongeag ons gewig, ouderdom, opvoeding, skoonheid, posbeskrywing of huwelikstatus. Elke nuwe dag is jy die eienaar van 1440 minute. Hoe jy jou minute deurbring, hang net van jou af! Tyd is gratis, maar dit is van onskatbare waarde!
Jy kan skinder of jy kan aanbid. Jy kan gevul wees met woede of met dankbaarheid. Jy kan vyf kilometer gaan draf of heel dag televisie kyk. Jy kan 'n boek lees of na die inkopiesentrum toe gaan. Jy en jy alleen kies hoe jy gaan munt slaan uit hierdie geskenk. Jy kan kies om te lag of te huil, te kla of bly te wees, om negatief of positief te wees en om bitter of beter te wees. Hierdie 1440 minute behoort aan jou en aan niemand anders nie. Dit is nie jou man, jou baas of jou kinders s'n om te gebruik nie.
Dit is waar dat daar dinge is wat ons móét doen. Meeste van ons moet werk, maar ons kies hoe ons werk. Ons kan kantoor toe gaan met 'n "ek is reg" gesindheid, vol angs en negatiwiteit of ons kan inloop met 'n vrolike hart, 'n goeie werksetiek en bid vir almal in die kantoor. Jy kan elke oomblik haat wat jy by die werk is en tyd mors deur te skinder, rekenaarspeletjies speel en vyf minute vroeg uit die kantoor sluip, OF jy kan weet dat God jou in hierdie spesifieke kantoor geplaas het om 'n seën te wees en die karakter van God in te bring.
Dit is waar, jy moet sorg vir verouderende ouers, jou kinders grootmaak en die vuilgoeddrom gaan uitgooi. Nogtans kies jy hoe om die verpligtinge te doen. Jy kan deur die lewe gaan met swaar treë en 'n gefrustreerde hart of met geduld, liefde en vreugde.

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com