Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 21 VAN 30

Wat presies is die "blues"? Hierdie probleem van die siel kan nie werklik as "depressie" gedefinieer word nie, omdat jy nog steeds in staat is om te funksioneer as jy so voel. Jy kies nog steeds, al is dit hoe traag, om een voet voor die ander te sit. Jy is nog steeds in staat om met ander te kommunikeer, al is jou antwoorde nie wat wonders nie. Jy het jouself nog nie van die samelewing onttrek nie, maar dis 'n versoeking om onder die komberse in te kruip. Elke dag. Die hele dag lank.

Jy kan nog elke oggend opstaan, al funksioneer jy net met die helfte van jou potensiaal. Jy is nie depressief nie, maar jy is ook nie vreugdevol of opgewonde oor enigiets nie. Dae kom en gaan sonder dat jy daarvan bewus is. Jy glimlag af en toe, maar dit kom nie uit jou hart uit nie. Jou alledaagse bestaan is saai en vaal.

Hier is jou daaglikse plan en gewaarborgde strategie om die teneergedruktheid te oorkom. Elke dag wat die Here in sy vrygewigheid vir jou gegee het, is 'n nuwe geleentheid om jou dag met lofprysing te bestuur. God het spesiaal hierdie dag vir jou beplan. Hy het 'n plan vir elke dag van jou lewe en dit sluit altyd 'n oorvloedige dosis van lofprysing in. As jy seker wil wees dat jy elke dag God se wil vir jou lewe volg, is dit van uiterste belang dat jou dag met lofprysing begin, dit met aanbidding vul en met danksegging afsluit. Vanaf die oomblik wat jy jou oë oopmaak tot jou laaste gedagte voor jy aan die slaap raak, moet dit jou keuse wees om Hom te verheerlik en nooit te bevraagteken nie. Ons is nie mense wat die Here blameer nie, maar mense wat Hom loof!
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com