Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Dit is my ondervinding dat ek selde in staat is om die gedrag van veeleisende mense in my lewe "reg te maak." Om met emosie teenoor veeleisende mense te reageer, bring nooit blywende verandering nie. Ek glo God het jou in daardie veeleisende persoon se lewe geplaas, nie om hulle ongewone gedrag te verander nie, maar om vir hulle te bid. Daar is ʼn eenvoudige formule wat God ons gee om daardie irriterende en problematiese mense te hanteer: Liefde + Gebed = Oorwinning.
God se strategie sluit selde emosie in. Dit is eerder 'n mengsel van liefde en gebed wat die oorwinning sal verseker. God het jou nie geskape om praatsiek te wees en baie nuttelose woorde te gebruik om ander daarmee seer te maak of te beheer nie. God het jou geskape om meer toegewyd aan sy koninkryk as aan jouself te wees. Moeilike mense kan van jou wóórde af wegloop, maar hulle kan nie jou gebede ontsnap nie. Die manier waarop ons enige mens hanteer (moeilik of nie) moet in ooreenstemming met ons geloof wees.
Daar is ʼn teenmiddel vir bitterheid en woede — dit word vriendelikheid genoem. Daar is ʼn manier om woede en ʼn geskreeu te oorkom — dit staan bekend as sagmoedigheid. Daar is ook ʼn manier om skinderstories te oorwin — deur vergifnis.
Dit verg ʼn volwasse, Goddelike Christen om die vervolgers in die lewe te seën. Ons seën met ons tonge, met die gesindheid van ons harte, met ons emosies en met ons optrede. Sommige van julle mag dalk dink: “Ja, maar Carol, jy ken nie my tannie Matilda nie! Sy is onbeminlik in elke denkbare opsig!” Jy mag dalk nie my reaksie wil hoor oor jou tannie Matilda se verhaal nie, maar hier ís dit: iemand is lief vir jou tannie Matilda en sy naam is God, so begin optree soos jou Vader.
Ons is almal in sekere opsigte onbeminlik, is ons nie? Ons kan almal van tyd tot tyd liggeraak, uitgesproke en dwarstrekkerig wees, maar ek glo die rede hiervoor is dat ons in ons diepste wesens na liefde uitroep. Daar gaan baie tye in jou lewe wees wanneer jou besluit om ʼn ystervark lief te hê, hom of haar heeltemal sal ontwapen.
As jy weier om die moeilike mense in jou lewe te vergewe en te seën, loop jy gevaar om ʼn moeilike persoon te word. Onthou die formule wat altyd 'n wenner sal wees:
Liefde + Gebed = Oorwinning!

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com