Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Soms is dit die mense vir wie ons die heel liefste is wat die slegste in ons na vore bring. Dit is hulle met wie ons daagliks in kontak kom wat ons van Christelike waardes dreineer, totdat die sondige kern van ons persoonlikheid ontbloot is.
Ons het almal moeilike mense in ons lewens wat moontlik strategies deur God self daar geplaas is. Verbeel jou dit! God het jou lief genoeg om jou te vertrou om gaaf te wees teenoor moeilike mense. God wil hê dat jy moet groei in die vrug van die Gees en daarom laat Hy toe dat 'n onbeskofte vrou jou lewe binnedring. God het mans en vrouens in elke generasie nodig wat die onbeminlikes sal bemin, vriendelik sal wees teenoor die onvriendelikes, geduldig sal wees in die aangesig van ongeduldigheid en dié sal seën wat wreed optree.
God het jou geskape om mense lief te hê wat ongeskik is. Hy het jou nou hier geplaas omdat Hy vertrou dat jy inderdaad volwasse genoeg sal wees om toe te laat dat sy heerlikheid deur jou skyn tot in die donkerte van mense se siele. Jy sal dit nooit regkry met jou eie persoonlikheid of die emosionele nalatenskap van jou ouers nie. Jy sal dit slegs regkry wanneer jy in jou hart besluit dat jy eerder soos Jesus wil wees as soos jouself.
Wanneer jy besluit dat sy weg beter as joune is en dat jy nie 'n beter idee as God het nie, sal jy suksesvol wees. Wanneer jy liefde in stormagtige situasies toon en kies om vriendelik te wees eerder as om 'n emosionele uitbarsting te hê, dan sê jy: "Ek sal soos my Vader optree! Ek is deel van sy familie en dit is wat ons doen! Ons is lief vir onbeminlike mense. Dit is die familie-eienskap om met Goddelike vriendelikheid na opstandige mense uit te reik." Moet nooit vergeet nie dat jou familie se genetiese kode jou in staat stel om moeilike mense lief te hê. Dit is wat Christene doen!

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com