Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld
Wanneer ons bymekaar is, is Hy by ons. As jy tyd saam met God wil deurbring, probeer om 'n aand saam met 'n groep mense wat vir Hom lief is deur te bring. As jy alleen voel, nooi mense oor wat graag bid en raai Wie anders teenwoordig sal wees?
God is teenwoordig tydens lofprysing. As jy wil hê Hy moet Homself aan jou openbaar, moet jy jou lewe daaraan wy om Hom te aanbid. God daag op wanneer 'n man of vrou gebeure en omstandighede oorkom as gevolg van 'n hart wat oorloop van ware aanbidding. As jy te doen het met eensaamheid, sit die lofsangmusiek harder en lig jou hande in die lug op, want Hy is daar! Jy is nie alleen nie. Sing hardop en sing uit volle bors! Hy is daar! Jy is nie alleen nie! Sing in die motor en sing in die stort en Hy sal by jou wees. Wanneer jy ookal bewustelik 'n besluit neem om God te prys, het jy jouself in sy teenwoordigheid geplaas. Jy is nie alleen nie. Nooit nie.
Veronderstel dat ek 'n dokter van die siel is en vir jou 'n voorskrif vir eensaamheid kan uitskryf, sal dit die volgende wees: gee ten minste drie keer per dag iets vir iemand anders. Jou eensaamheid sal verdwyn wanneer jy meer bekommerd is oor iemand anders se behoeftes as jou eensame lewe. Glimlag vir iemand in die winkel. Skryf vir 'n ou skoolvriend 'n brief. Moenie passief wees en by die huis bly en televisie kyk nie, want jy sal uitvind dat die genesing van eensaamheid daarin lê om te gee.

Aangaande hierdie leesplan
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com