Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 17 VAN 30

Eensaamheid is die gevoel dat niemand regtig oor jou of jou lewe omgee nie. Eensaamheid is heel waarskynlik die mees afbrekende emosie van almal. As die Satan nie in staat is om jou te pootjie met bekommernis en vrees nie, sal hy probeer om jou van jou gesonde verhoudings te vervreem omdat selfs die Satan die krag van twee ken!

Al voel jy alleen, moet jy jouself daaraan herinner dat jy nooit regtig alleen is nie omdat die Bybel dit belowe. Hierdie is een van daardie "aha"-oomblikke waar jy jouself daaraan moet herinner dat al jou gevoelens nie geldig is nie. Wanneer jou hart probeer om vir jou te vertel dat jy alleen is en niemand vir jou of jou lewe omgee nie, het jou hart na die Satan en sy lafhartige leuens geluister.

As jy eensaam voel, moet jy jou Bybel oopmaak en met die Woord van God saamstem en nie met jou bejammerenswaardige gevoelens nie. Die laaste woorde wat Jesus aan sy dissipels gesê het, het hulle daaraan herinner dat selfs al kon hulle Hom nie meer met hulle oë sien nie, Hy altyd by hulle sou wees: "... Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" (Matteus 28:20).

Jesus het verskeie kere gesê dat ons nooit alleen sal wees nie. Nooit nie. Die leuen wat die Satan verkondig, spreek net jou gevoelens aan en dit is nie 'n geestelike realiteit nie. Die Bybelse realiteit is dat jy elke dag van jou lewe deur God se liefde omring is. Daar is niks wat jou van God se liefde kan skei nie. Jy is veilig omring deur sy liefdevolle sorg omdat Hy dit belowe. Eensaamheid is 'n leuen — 'n kwaadwillige leuen wat sal veroorsaak dat jy die waarheid van God se onfeilbare Woord bevraagteken.

Jesus is regtig jou beste vriend, so begin vandag daarvolgens lewe. Deel jou hart met Jesus en luister dan hoe Hy teenoor jou reageer. Bring 'n hele aand in sy teenwoordigheid deur met aanbiddingsmusiek en die Woord van God. Skryf vir Hom lang en intieme liefdesbriewe en sing uit jou hart terwyl jy in sy teenwoordigheid is. Wanneer jy begin reageer op Jesus soos wat jy teenoor 'n vriend sou optree, sal jou eensaamheid verdwyn, ek waarborg dit!
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com