Wedstryd Van Die LeweVoorbeeld
Wat sê oud-Springbokkaptein Adriaan Strauss oor foute ...
Ek dink foute is net soveel deel van sport as deel van die lewe. Ek glo ek het in elke wedstryd foute gemaak, sommige baie groot, ander dalk meer teleurstellend vir myself as gevolg van my eie hoë standaarde wat ek vir myself stel. Die grootste uitdaging was nog altyd vir my om terug te kom na ’n fout, om reg te maak, om te herstel wat ek verbrou het. Dit is ook waar ander sportmense my baie geïnspireer het. Dit bly darem ongelooflik as iemand na ’n fout opstaan en met mening terugkom en presteer.
Ek het ook besef dat jy nie gedefinieer word deur jou foute nie. Jy mag en moet jouself vergewe, jou kop oplig, daaruit leer en sterkter terugkom. Dit sê baie van ’n mens se karakter.
Ek maak baie foute in my alledaagse lewe en doen dinge wat teleurstellend is en waaroor ’n mens spyt is. Daar is lesse te leer daaruit en ’n geleentheid om as ’n beter en sterker mens aan die ander kant uit te kom. Foute maak is groeigeleenthede.
Vergifnis en genade maak dit moontlik om te groei en te leer!
Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek gerus WEDSTRYD VAN DIE LEWE op Facebook.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za