Wedstryd Van Die LeweVoorbeeld

Wedstryd Van Die Lewe

DAG 7 VAN 10

God se rol as jou Afrigter

God se rol as die Afrigter in jou lewe kan so opgesom word:

Ons noem dit genade - dit is God se vergewensgesinde liefde.

Ons noem dit sorgsaamheid - dit is God se sorgsame liefde.

Ons noem dit vriendelikheid - dit is God se verstaanbare liefde.

Ons noem dit Christus se passie en dood - dit is God se bewese liefde.

Ons noem dit geluk - dit is God se bemoedigende liefde.

Ons noem dit die wil van God - dit is God se onfeilbare liefde.

Ons noem dit hemel - dit is God se lonende liefde.

Ons noem dit ewigheid - dit is God se ewige liefde.

Dit is vir seker die moeite werd om te luister na so ’n Afrigter! Jy kan een ding van Hom weet: Hy dra jou heel beste belange op sy hart. Hy wil hê jy moet die beste jy word wat jy kan wees. Hy het jou onvoorwaardelik lief en sy genade deur Jesus Christus is sy geskenk aan jou.

Dit is vir seker die moeite werd om so ’n Afrigter te volg. Hy wil die beste uit jou haal omdat Hy jou liefhet en vir jou omgee. Jy kan Hom werklik vertrou met jou hele lewe. Gee oor in sy veilige, beskermende hande. Daar sal jy vrede ervaar ten spyte van soms moeilike en uitdagende omstandighede.

Min afrigters kan jou swakpunte vat en jou op jou sterkste maak as jy op jou swakste is. Ek weet van Een: God, jou Vader. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wedstryd Van Die Lewe

Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.cumbooks.co.za