Wedstryd Van Die LeweVoorbeeld
Wat sê liggaamsbouer Hende-Mari Strydom oor afrigting ...
Ek sien myself eerder as ’n mentor op my sportgebied. Ek voel absoluut dat God se doel met my lewe is om ander te inspireer, te help, te bemoedig en hulle te laat glo in hulself. Dit is vir seker my onblusbare passie en maak my geweldig opgewonde as ek sien hoe mense hul lewens en hul gesinne se lewens “gesonder” maak met die invloed wat ek op hulle het. My grootste oomblikke is wanneer iemand moedeloos voor my kom sit, mense wat nog nooit in hulself geglo het nie, en dan met selfvertroue hier uitstap om ook ander te inspireer.
’n Goeie afrigter leef wat jy leer, stel ’n goeie voorbeeld, verstaan mense, het empatie, laat jou atlete of span veilig en gekoester voel en beïnvloed hulle op ’n gesonde manier positief.
My doel as afrigter/mentor is om al hierdie dinge en nog meer te doen, want dit gaan oor baie meer as net die sport. My ma en dogtertjie speel definitief ’n groot rol in my lewe. Hulle hou my voete stewig op die grond en help my om my holderstebolder gedagtes in perspektief te sien en logies te dink. My dogtertjie is die een wat my op ’n wonderbaarlike manier kalm laat voel en my laat besef het dat ek heeltemal te veel oor dinge dink. Sy bid vir my, sy glo in my, sy vee my trane af en sy spreek letterlik lewe oor my uit. In moeilike tye is haar kinderlike geloof in wat ek kan vermag ’n anker waaraan ek kan vashou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za