Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Vrede"
Smag jy na vrede? Bid jy vir vrede in jou gesin en in jou siel? Het jy net 'n bietjie stilte en vrede nodig? Ek kan jou nie juis met die "stilte" gedeelte help nie, maar as jy jong kinders het, vat dit as jy dit kan kry!!
Daar is dié van ons wat net tot rus moet kom en 'n bietjie vrede aan ander moet gee. Ons moet ons struweling staak en aanbied om vriendelik teenoor mekaar te wees. As dit jy is, in hemelsnaam, doen dit asseblief. Niks laat 'n siel so verrot soos 'n giftige agenda wat probeer om iemand seer te maak nie. Om vrede te krý, moet jy begin deur dit te gee.
Daar is dié van ons wat regtig vrede nodig het om deur 'n dag te kan kom. Ons het daardie stil vertroue nodig dat alles in die haak is en môre beter sal wees. As dít jy is, doen wat jy ook al moet doen om dit te verkry. Kry iemand om na die kinders te kyk, bel 'n vriend of familielid om te gesels of bestee alleen tyd met God.
Daar sal altyd konflik wees, selfs in jou belangrikste verhoudigs. Moenie dat dit jou ontmoedig nie. Deur stryd kom sterkte, as jy dit op 'n positiewe manier gebruik. Vrede is eerder 'n houding as 'n gevoel. Jy kan kiés om in vrede te leef.
Wanneer jy daarna streef om mense deur God se oë te sien, sien jy hulle vir wie hulle werklik is: 'n kind van God. Bid dat hulle jou ook sal sien soos wat God jou sien.
Doen die regte ding, want die resultaat is soveel meer vreedsaam.
Vrede is nie 'n afwesigheid van rusie en twis nie, dit is 'n stil vertroosting van sterkte. Vrede is nie die afwesigheid van 'n vyand nie, dit is die vervullende verhouding met die Vredemaker, Jesus!
Gebed
Vader, gee asseblief vandag vir my vrede. Laat my weet hoe lief U my het en laat my siel toe om elke dag vernuwe, verfris en herstel te word. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog