Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Geduld"
Hoekom is dit so moeilik om te wag? Is dit omdat ons 'n samelewing van onmiddellike bevrediging geword het? Die wêreld eis meer, groter en vinniger — nou dadelik!
Selfs as 'n baba vroeër as die gewone ontwikkelingsperiode van nege maande gebore word, kan ons met moderne tegnologie volle ontwikkeling moontlik maak, natuurlik nie sonder uitdagings nie.
Hoe lank sal dit neem? Hoe perfek wil jy hê dat jou genesing moet wees?
Daar is 'n perfekte tydperk vir jou om ten volle te genees en weer 'n gesonde hart te hê. As jy 'n lewe wil hê wat toegelaat word om te kan aangaan in vreugde, vrede en volmaaktheid, sal jy dit die nodige tyd moet gee. Elkeen is anders en elke genesingsproses neem tyd, sommige langer as ander.
As jy te vinnig in 'n ander verhouding betrokke raak, slegte gewoontes navolg en probeer om die proses te versnel, sal jou genesing onvolledig wees en langtermyn probleme oplewer wat jy sal berou. Dit is nie die moeite werd nie.
Dis soos saad wat geplant word. Die oes word bepaal deur die kwaliteit van die saad, die hoeveelheid water, hoe diep dit geplant is, om maar net 'n paar faktore op te noem. Daardie saadjie gee nie om of ons dit dadelik wil hê nie.
Net soos dit nege maande neem vir 'n baba om ten volle te ontwikkel, het God die perfekte tydsberekening vir jou genesing in gedagte. Moenie volmaaktheid aanjaag nie.
Gebed
Vader, help my asseblief om kalm te bly en U die tyd te gee om al die gebroke stukke in my lewe heel te maak. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog