Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Bewyse"
Die polisie programme op televisie en plaaslike wetstoepassing is nie die enigstes wat bewyse hanteer nie. Om bewyse te soek, in te samel en te bestudeer, gebeur wanneer iets tragies plaasgevind het, maar daar is baie maniere om dit te gebruik.
Bewyse kan skuld of onskuld bewys. Dit kan leiding gee en dit kan verwar. Die een wie die bewyse hanteer, het die grootste aandeel om te bepaal hoe dit gebruik gaan word, maar dit mag dalk nie die hele waarheid wees nie.
Jy is in die proses van genesing en in daardie proses is daar dele van die tragedie wat lig werp op wat gebeur het. Daar sal ook bewyse van genesing wees, en dit is waaraan ek die res van ons tyd wil bestee.
Wat sien jy in jouself wat jy geleer het uit jou verlede — die goeie en die slegte? Is jy bewus van daardie gedagtes, woorde en dade wat jou tot hier gebring het en hoe hulle vandag jou lewe beïnvloed? Leer van die slegte, maar hou by daardie dinge wat jy kan sien goed is. Maak 'n lys van die goeies!!
Toe jy jou laagste punt bereik het, het jy ooit gedink jou sou van die goed kon doen wat jy nou kan doen (bv. beter kommunikeer, finansies hanteer, jou stiltetye geniet, jou kinders aan die lewe hou, onthou om die vuilgoed uit te sit, ens...)?
Baie dinge is daagliks besig om te verbeter, verskeie klein dingetjies sowel as van die groter goed, al sien jy dit nog nie. Elke dag wat jy wakker word, is jy nog 'n dag nader aan genesing en nog 'n dag nader aan die seëninge wat God vir jou het.
Glo! Môre sal beter wees. Party dae is dalk nie, maar tel hulle bymekaar!
Gebed
Vader, mag die bewyse van my genesing elke dag aan my bekend gemaak word, sodat dit deur my skyn en ander ook u genade kan sien. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog