Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Skaamte"
Toe jy vandag se titel gesien het, hoe het dit jou laat voel? Waaraan het jy gedink wat negatief was? Was dit iets wat jy gedoen of gesê het?
Baie goed laat ons skaam, veroordeeld of minder as perfek voel. Misplaasde gedagtes en aksies laat ons altyd die ergste verwag, net totdat ons insig verkry en uiteindelik besef wat verkeerd is.
Ondersoek wat ander dalk oor jou sê, maar net tot die mate waar jy jou gedagtes en aksies kan evalueer om positiewe groei te bewerkstellig. Moenie toelaat dat hulle aanhou om jou daarmee te beheer nie. Doen stappe om foute reg te maak, en besef dan dat jy vir beter dinge bedoel is, en om beter te wees. Gaan wees nou beter.
Jy hoef nie in 'n situasie te bly of 'n lewe te leef wat gevul is met spyt oor goed wat in die verlede gebeur het nie. Jy moet dalk nog steeds die gevolge dra, maar jy kan daardeur kom. Leer nuwe lewensvaardighede aan en laat ander weet dat jy nuut is en op 'n positiewe manier voortbeweeg na alles wat God vir jou het.
Dink jy die vrou by die put was skaam? Met alles wat Jesus van haar af geweet het, het Hy 'n openbaring in haar eie gees gebring dat haar verlede nie reg was nie. Wat het toe gebeur? Hy het liefde aan haar bewys en haar vergewe, sodat sy vry kon wees.
Soveel meer dae lê vir jou voor, en jy het soveel meer om voor te leef. Moenie nog 'n enkele dag skaam en skuldig voel nie. Doen nou iets daaraan.
Wanneer jy tyd in God se Woord deurbring, sal jy sterkte en wysheid bekom om al jou gevoelens van gebrokenheid te oorkom.
Gebed
Vader, help my om my lewe op so 'n manier te leef dat daar geen rede vir my is om skaam te wees nie, terwyl ek elke dag streef om meer opreg te leef. In die Naam van Jesus, amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog