Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Versoening"
Daar is 'n verbasende hoeveelheid geskeide mense wie versoening ernstig oorweeg het en 'n behoefte daaraan gehad het, selfs al het die ander persoon voortgegaan met 'n nuwe verhouding of weer getrou. Dit is meer as te verstane.
Maar vir dié van julle wie my met jul selfoon, tablet of rekenaar wil gooi, ek weet daar is 'n groot groep wie in die "Ek is bly ek is ontslae van" kategorie val vir verskeie goeie redes.
Ek wil graag iemand aanmoedig wie 'n opregte en goddelike begeerte het om God toe te laat om jou en jou eerste liefde weer bymekaar te bring, maar maak seker dat hulle nie getroud is nie, en gaan na 'n predikant of berader wie julle sal kan help. Ek sê vir almal:
Versoen jouself met wat jy uit die verhouding kan beredder. Veral as kinders betrokke is, moet jy beskaafd kan optree en saam met die ander ouer vir hulle sorg, sodat dit minder langtermyn skade sal veroorsaak aan jou verhouding met hulle. Jy en jou vorige eggenoot sal altyd hulle ouers wees, en julle altwee is nodig in hulle lewens. Werk saam om dit goed te laat uitwerk. Wedersydse vriendskappe moet ook dalk genees word. Ou vriende weet dalk nie wat om te sê of te doen nie, en dikwels wil hulle nie julle twee as vriende verloor nie.
As jy vriendelik en hartlik kan optree teenoor dié wie jou seergemaak het, sal jy 'n wonderlike getuienis kan lewer oor hoe jou genesing jou heel gemaak het.
Versoening gaan meer daaroor om mense terug te bring na 'n goeie verhouding en beleefdheid, as om terug te gaan na iets wat jy in die verlede gehad het. Doen dit vir jou algehele genesing.
Gebed
Vader, of dit ooit weer moontlik is dat ons weer getroud kan wees of nie, vra ek dat U sal help om 'n gemeenskaplike goeie verhouding tussen ons te laat ontwikkel. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog