Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Verlange"
Van die moeilikste tye in ons lewe is dié wat ons laat begeer na dinge wat ons nie kan hê nie. Ek wil my 20-jarige, 83 kg lyf terughê. Ek mag dalk die gewig verloor, maar iets sê vir my dat ek nooit weer 20 jaar oud sal wees nie.
Ons almal smag na iets of iemand. Tydens skeiding en egskeiding, verlang ons na die gelukkige en lewegewende verhouding wat ons gehad het met die persoon wat ons verloor het.
Gevoelings van verlange na 'n verhouding wat ons gehad het, of die moontlikeid van 'n nuwe een, is nie verkeerd nie en jy hoef nie daaroor sleg te voel nie. Wees net realisties wat jou gevoelens aanbetref.
Smag na iets wat binne jou bereik is — 'n hart wat genees het en 'n siel wat vernuwe is. Reik uit na hulp om jou doel te bereik, soos professionele of pastorale hulp. Gee jouself 'n kans.
Groei vind plaas as jy uitreik na meer as wat jy nou het. Net soos 'n stywe rekkie: elke keer wat dit uitgerek word, word dit eintlik langer en 'n volgende keer sal dit dus verder kan strek.
Gebruik tyd om te verlang, maar verlang na wat regtig saak maak en wat vir jou volkome genesing sal bring en in staat stel om te kan aangaan met jou lewe.
Daar is iemand wat smag en jaloers verlang na 'n innige verhouding met jou: Jesus. Laat Hom toe om jou te wys wat 'n ware liefdevolle verhouding is.
Gebed
Vader, mag my hart en siel so gevul word met u liefde dat ek kan voel hoe U jaloers daarna smag dat ons tyd saam kan deurbring. In Jesus se Naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog