Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Pyn"
Wonde veroorsaak pyn. Wonde is die bewys van 'n fisiese, emosionele of sielkundige aanval teen ons. Bloed en trane vloei, sodat ons bewus word van die wonde — en dit is die eerste stap in die genesingsproses.
Partykeer wil mense die pyn ignoreer. Ek self, as 'n man, wil nie my swakheid voor veral my vrou en kinders wys nie. Ek moet sterk bly en 'n voorbeeld stel.
Het jy al gewonder hoekom voel ons pyn? Hoe sal dit wees as ons dit nie voel nie? Ons sal nooit weet wanneer ons gewond is en genesing nodig het nie.
Pynstillers word gebruik wanneer die liggaam nie die fisiese pyn kan hanteer nie. Net so is die Heilige Gees die pynstiller vir jou siel. Jy sal geen verligting vind, tensy jy die regte medikasie vir jou pyn vind nie … God!!
Jesus gee ons die antwoord vir ons seer. Hy laat ons toe om pyn te voel om ons aandag te vestig op die wonde in ons lewe en Hy voorsien ook die salf vir die siel. Moenie net in 'n hoekie sit en die seer voel nie, maar soek verligting.
Pyn veroorsaak ook letsels. Ek beskryf egskeiding as 'n opehartoperasie. Na die operasie werk jou hart weer, maar jy het 'n groot letsel op jou borskas. Mettertyd sal die wond genees, maar 'n groot letsel bly agter om jou te herinner aan die pyn wat jy ervaar het en om jou te wys dat die seer net bly totdat jy genees is.
Besef dat jou pyn tydelik is en dat Jesus jou sal genees indien jy na Hom toe gaan.
Gebed
Vader, deur die pyn vertrou ek dat U verligting van die seer sal bring, sodat ek algehele genesing kan ervaar, in Jesus se Naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog