Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 15 VAN 31

"Bitterheid"

Het jy al ooit in dryfsand vasgeval? Ek het nie, maar ek het gehoor dat die enigste manier om te oorleef is om nie daarteen te stry nie en plat op jou rug te lê, met jou ledemate uitgestrek asof jy dryf. Hou op weerstand bied. Gee oor.

Een van die moeilikste dinge wat ons moet leer, is om te vergewe. Dit is nie iets wat maklik is nie, maar dit is noodsaaklik vir genesing.

Onvergewensgesindheid is 'n gif wat ons drink en dink dit gaan iemand anders benadeel, maar al wat jy doen is om jouself te benadeel. Wanneer ons toelaat dat dinge wat ons aangedoen is ons aanhoudend negatief beïnvloed, laat ons toe dat daardie persoon ons welstand en genesing beheer. Moenie dat dit met jou gebeur nie.

Ek weet dat jy nie nou reg is om te vergewe nie en dit is verstaanbaar. As jy egter weier om daardeur te werk, gaan daar 'n wortel van bitterheid in jou siel ontkiem wat elke dag dieper en dieper gaan groei. Elke dag wat jy die wortel ignoreer, maak die verwydering daarvan soveel moeiliker en meer skadelik.

Wanneer jy onkruid in jou tuin sien, los jy dit net daar? Besef jy dat dit voedsel en water steel van die vrugte wat God in jou tuin wil laat groei? Elke dag wat jy uitstel, word die onkruid se wortels groter en die sade sal uiteindelik oor die hele tuin versprei as jy dit nie dadelik uittrek nie.

Indien jy nie vandag gereed is om te vergewe nie, neem dan net 'n besluit om elke dag nader en nader aan vergifnis te beweeg. God sal jou help en Hy sal jou hart daartoe laat neig.

Gebed
Vader, verhoed dat sade van bitterheid in my ontkiem en laat my besef hoe ek ander moet vergewe sodat my geestelike tuin kan groei en gesond bly. In die Naam van Jesus. Amen.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog