Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Rou"
Vir baie mense is dit moeilik om hulle gevoelens te verwoord wanneer hulle jou probeer bemoedig in hierdie moeilike tyd. Hulle bedoelings is goed. Hulle wend ten minste 'n poging aan.
Ek weet hoe jy voel. Ek is ook daardeur, maar ek het dit oorleef. Twee keer. Dit maak seer.
Daar word gesê dat egskeiding erger as die dood is, veral wanneer daar kinders betrokke is, aangesien jy nog vir baie lank met die ander persoon kontak het, selfs jare na die egskeiding. Wanneer iemand dood is, kom daar ten minste mettertyd permanente berusting.
Neem jou tyd en moenie die rouproses aanjaag nie. Maak tyd om goed te huil.
Gun jouself om jou smart te deel met dié wat die naaste aan jou is. Wees eerlik met jouself.
Dit is nie selfsugtig om jouself 'n redelike tyd te gun om te rou nie. Almal is verskillend geskape en jy is nie 'n robot nie.
Ek onthou dat my broer vir my twee eenvoudige dinge gesê het toe ek hom vertel het van my situasie. Hy het gesê dat hy altyd daar is vir my en dat hy my tyd en spasie gee om deur my gevoelens te werk. Dit het vir my die spasie, asook die ondersteuning gegee wat ek so dringend nodig gehad het.
Nou, meer as enige ander tyd in die genesingsproses, is dit van groot hulp en 'n verligting om 'n klein groepie familie of vriende te hê wat daar is vir jou.
Jy rou wanneer jy iets of iemand van groot waarde verloor het, en deur te rou gedenk jy daardie verhouding. As dit nie seermaak nie, het jy nie waarde daaraan geheg nie.
Gebed
Vader, ek het nou baie seer. Hou my in u arms en gee my die krag om deur elke dag te kom, totdat U my hart volkome genees, in Jesus se Naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog