Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 21 VAN 31

"Hoop"

Met alles wat jy al deurgegaan het en nog soveel meer wat dalk kom, voel jy ooit dat dit alles net te veel is? Hoekom die moeite doen? Sal jy ooit vrede beleef?
Die antwoord is ja óf nee. Dit mag dalk snaaks klink, en dit is veronderstel om so te wees, sodat jy kan aandag gee, want dit kan jou maak of breek. En ek wil hê dit moet "ja" wees!!

Die antwoord is "ja" as jy kan eerlik wees met jouself. Besef dat jy hulp nodig het en bekom dit.
Weet dat jy ander om jou nodig het wat lewe in jou spreek, en jou nie lei na vernietigende gedagtes of optrede nie. Weet dat God die antwoord is!!

Die antwoord is "nee" as jy net besluit om ander permanent te haat, om kwaad te wees en nie vergewensgesind nie, en om net te doen wat ook al goed voel. Weet dat hierdie dinge net meer pyn en probleme vir jou sal veroorsaak, wat jou verder sal laat afdwaal na 'n minder goeie lewe.

Om die waarheid te sê, die enigste regte antwoord wat ek iemand gee wie raad vra, is om Jesus te soek met alles wat jy het, en om Hom te volg. Enige ander raad kom van 'n beklaenswaardige man af wie twee mislukte huwelike gehad het, en tog algehele genesing en vrede gevind het met daardie selfde raad. Hoop is vir jou beskikbaar — as jy dit kies.

Mense se stories van oorlewing onder aaklige omstandighede kom blykbaar neer op hoop. Hulle besef dat hulle nooit sonder hoop gered kon word nie. Partykeer lei dit selfs tot 'n ontdekking van 'n nuwe plan of strategie om hulle uit hul tragiese omstandighede te kry.

Daar is altyd hoop. Hoop is rondom jou, net soos die lug wat jy inasem. Elke keer as jy inasem, kom lug in. Maak jou hart oop en laat hoop in!!

Gebed
Vader, ek het U nodig!! Ek het U nodig om die hoop in my lewe te wees en my te wys hoe om elke dag te lewe deur te hoop vir 'n beter lewe, in Jesus se naam. Amen.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog