Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Vergelyking"
As dit nie bankrekeninge of voorkoms is nie, is dit karre en verhoudings. Ons vergelyk onkostes, funksies en die nut van omtrent alles. Moenie nou jou genesingsproses met ander s'n vergelyk nie.
Ek weet jy wonder of die ander persoon in jou eks se lewe 'n beter kok, minnaar, voorsiener of ouer is. Dit is menslike natuur, maar nie God se natuur nie.
Wanneer ons onsself met ander vergelyk, is al wat ons eintlik doen om ons slegste eienskappe met hulle beste eienskappe te vergelyk; ons tekort met hulle oorvloed, hulle vreugde met ons pyn. Ek weet, want ek het dit ook gedoen.
Hoekom sou jy iemand wie jou negatief beïnvloed het, beheer gee oor jou gedagtes en selfbeeld? Watter reg het hulle? Net die reg wat jy hulle toelaat deur 'n speletjie van vergelyking te speel wat jy nie kan wen nie.
Hoekom vergelyk jy nie eerder jou situasie met dié van iemand wie op sy sterfbed lê aan kanker nie? Wat van miljoene sterwende en mishandelde kinders wêreldwyd, selfs in Afrika? Selfs dít is sinneloos, tensy jy hardhandig na die werklikheid teruggebring moet word.
Jy is spesiaal. Jy is geskape met gawes en talente wat niemand anders op aarde ooit gehad het of weer sal hê nie. Net jý kan dít doen waarvoor God jou geskep het en niemand kan daarmee vergelyk nie, selfs al kry jy seer.
Wysheid en om met die waarheid te identifiseer, sal jou toelaat om op te hou vergelyk.
Jy is besig om iemand te word wie geen gelyke het nie. Te danke aan wat jy nou leer, sal jy aan ander hulp en wysheid kan gee. Wees gereed.
Gebed
Vader, help my om nie my swakpunte met ander se sterkpunte te vergelyk nie. Laat my weet dat U my nooit vergelyk nie en dat U my altyd liefhet. In Jesus se naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog