Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Vertroue"
Een van ons grootste mislukkings in 'n egskeiding, gewoonlik die grootste oorsaak, is die verbrokkeling van die vertroue wat jy en jou eggenoot opgebou het. Gewoonlik was iemand anders op een of ander manier betrokke. Geloof word verpletter wanneer vertroue deur 'n ander persoon verbreek word.
Baie mense sal jou verskeie redes gee om 'n mes/geweer/kernbom te gryp en seker te maak dat dit nooit weer gebeur nie. So aanloklik en bevredigend as wat dit mag voorkom, beveel ek nie aan dat jy die res van jou lewe in die tronk deurbring, bo en behalwe alles nie. Dit is definitief ongewens. Moet dit nie doen nie.
Die meeste mense sal vir jou sê dat vertroue nooit weer herbou kan word nie, maar dit is nie waar nie. Baie mense het hulself al daarop toegelê om hulle huwelike te behou, dit wil sê, dit kan wel gedoen word. Ten spyte van die feit dat die meeste mense dit nie doen nie, is dit nog steeds moontlik. Dit gaan egter twee gewillige en heeltemal onselfsugtige mense vereis wat saam deur baie pyn moet werk en verstandige raad en leiding sal moet volg om dit te bereik.
Soos wat jy dinge begin verwerk, moenie jouself verkwalik vir jou eggenoot se sonde en foute nie. Keuses het gevolge.
Die pad na hernude vertroue is lank en swaar. Maak seker dat jy hulp kry van mense wat gekwalifiseer is om jou te lei na werklike genesing op daardie terrein.
Jy sal weer kan vertrou, maar jy moet nooit toelaat dat jou vertroue in 'n ander mens groter is as jou vertroue in die enigste Een wie ten volle vertrou kan word nie.
Vertroue kan nie weggegee, toegeken of gekoop word nie. Dit word net verdien deur diegene wie bewys dat hulle betroubaar is. Sodra jy Jesus ten volle vertrou om jou te genees, sal Hy jou help om weer te vertrou.
Gebed
Vader, ek het dringend u hulp nodig om U elke dag vir alles te vertrou. Ek kies om U te vertrou in plaas van mense. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog