Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Grense"
Kan jy nog onthou toe jy jonk was en jou ouers 'n lys van moets en moenies gehad het wat net die pret bederf het? Wat het hulle geweet? Wou hulle sommer net moeilik wees?
Wat laat jou veilig voel? Gewapende lyfwagte help beslis, maar nie as jy op meer as 10 000 meter in 'n vryval is nie. Jy kan baie dinge doen om jou liggaamlike veiligheid te verseker. Jy kan net so baie doen om jou siel te beskerm.
Ons siele (denke, wil en emosies) is so onveilig soos 'n pasgebore baba, tensy ons dit versterk met voorsorgmaatreëls en maniere van beskerming wat ons veilig sal laat lewe en dít uithou wat ons skade kan berokken.
Deur 'n gesonde muur van beskutting te voorsien, weg van alles wat ons seermaak, word ons deur Goddelike grense beskerm en kry ons 'n plek waar ons kan bly en waar algehele genesing kan plaasvind. 'n Liggaam kan nie genees terwyl dit nog op die slagveld is nie.
Identifiseer die dinge wat jou seermaak en verwerp die dinge waarvan God wil hê jy moet wegbly sodat Hy jou kan beskerm. Om sade van verkeerde dade te saai, gaan in nog meer pyn en moeilikheid ontkiem. Dit kan jou selfs doodmaak.
Die grootte van die gebied (jou hart) wat jy in God se hande plaas, is die grootte wat Hy kan beskerm. Gee alles vir Hom. Hy sal nie die gebied (jou hart) genees wat jy nie aan Hom oorgee nie. Dit is soos om 'n hartspesialis toestemming te gee om net aan die linkerkant van jou hart te opereer.
Ondervind hoe veilige grense en dade jou lewe kan verander.
Gebed
Vader, wys my daardie veilige grense vir my lewe wat my ten volle gesond sal maak om in die vryheid van volkome genesing te leef, in Jesus naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog