Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 18 VAN 31

"Bagasie"

Enige iets wat jy in 'n nuwe verhouding inbring, wat nog nie op 'n gesonde manier verwerk is en genees het nie, is soortgelyk aan 'n harde-dop Samsonite tas met 'n stukkende wiel.
As jy gewond is, kry genesing. As jy verward is, kry wysheid. As jy verbitterd is, kry vergifnis. Moet dit nie oordra na die volgende verhouding nie.

Hoe sou jy voel as jou seun of dogter terugkom van univeristeit af en drie ekstra sakke, gevul met vrot kos uit die koshuis se yskas uit, vir jou saam terugbring? Hoekom het hulle nie net daarvan ontslae geraak voordat hulle vir jou kom kuier het nie?

Dink nou aan 'n nuwe verhouding wat jy moontlik in die toekoms kan hê. Sou jy wou hê dat daardie persoon vir jou sakke vol bitterheid, pyn, verwyte, woede, verslawing, of ander dinge bring? Is dit regverdig teenoor jou?

As ons goed met ons saamdra die toekoms in, wat ons veronderstel was om in die verlede agter te laat, forseer ons iemand anders wie dit nie verdien nie om dit te moet hanteer.

Beteken dit dat jy nie kan voortgaan totdat jy dit verwerk het nie? Nee, maar jy sal nooit genees en heel wees totdat jy het nie. Wil jy in 'n lekkende boot inspring, waarvan net 'n paar van die gate gestop of reggemaak is? Jy sal nog steeds sink.

Het jy al ooit gewonder wat gebeur met bagasie wat agtergelaat word? Daardie tasse word aanhoudend in sirkels vervoer todat hulle bymekaar gemaak en vernietig word. Laat hulle gaan. Jy het nuwe vooruitsigte en dit sal jou net terughou.

Gebed
Vader, op hierdie oomblik kies ek om _______ agter te laat, en ek weier om terug te gaan om dit ooit weer op te tel. Laat dit asseblief altyd in my verlede agterbly. In die Naam van Jesus. Amen.
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog