Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 14 VAN 31

"Gevoelens"

Hoe voel jy op hierdie oomblik? Het jy nou net wakker geword en nog nie koffie gehad nie? Is dit die einde van die dag en wonder jy hoe jy vir nog 'n dag kan aanhou?

Gedurende hierdie 31 dae gaan jy waarskynlik meer soorte gevoelens ondervind as wat jy geweet het jy kan voel. Dit is normaal en te verwagte. Egskeiding is nie iets wat jy ooit verwag of beplan nie. En alles sal reg uitwerk.

God het aan ons emosie en gevoelens gegee sodat ons hier op aarde kan funksioneer. Sonder emosies is ons net robotte wat elke dag beweeg sonder om ooit regtig mens te wees. Jesus het gevoelens gehad, waarvan die grootste sy liefde vir sy Vader en vir jou was!!

Moenie jouself verwyt omdat jy sekere gevoelens koester nie. Weet net dat dit in orde is om so te voel en gebruik elke emosie om 'n dieper verhouding met Jesus te ontwikkel. Vertel vir Hom hoe jy voel. Hy sal jou help om daardeur te werk en sodoende weer genesing te vind.

Die Psalms is vol van Dawid se verse oor sy gevoelens teenoor sy vyande en sy situasies. Hy het ook diep gevoelens teenoor God gehad, partykeer lofprysing en partykeer totale wanhoop. Jy is nie die enigste een nie.

Gevoelens is daar om ons te help verstaan, te beskerm en te lei, maar tog is dit nie bedoel dat ons gevoelens ons moet beheer nie. Gebruik jou gevoelens om daagliks nader aan Jesus te kom.

Gebed
Vader, ongeag hoe ek voel, kies ek dat u Heilige Gees my lei en dat ek nie sal toelaat dat my gevoelens my beheer nie. In die Naam van Jesus. Amen.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog