Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 13 VAN 31

"Aanvaarding"

Selfs voordat 'n egskeiding gebeur, kan ons gevoel van aanvaarding in die slag bly. "Hoekom is ek nie goed/mooi/aantreklik/ryk/oulik/geseënd genoeg, sodat hy/sy my kan liefhê net soos ek is nie?"

Die gevoel van om nie aanvaar te word nie, breek ons gevoel van selfwaarde af, sodat ons ons plek in die wêreld begin bevraagteken.

Te dikwels dink ons aanvaarding en goedkeuring gaan hand-aan-hand. Dit is in werklikheid twee verskillende begrippe.

Jy hoef nie iemand se sonde en vernietigende optrede goed te keur om hom of haar as 'n mens te aanvaar wat jou liefde en vergifnis nodig het nie.
Wanneer jy iemand aanvaar, laat jy nie toe dat daardie persoon se probleme die waarde wat jy aan hom/haar heg, verander nie.

Wanneer ons ouers word, aanvaar ons ons kinders ten spyte daarvan dat hulle hul eerste paar dae net huil, doeke vuilmaak en slaap. Hulle kan nie ons waarde bekragtig nie, en tog aanvaar ons hulle omdat ons hulle liefhet.

Juis in hierdie tyd het jy aanvaarding nodig en die beste tyd om aanvaarding te ontvang, is wanneer ons ander mense aanvaar, of hulle nou goed of sleg is.

Ons aanvaarding word bepaal deur die waarde van die een wat dit gee, en God dink jy is baie waardevol. Hy aanvaar jou, ongeag wat enige iemand anders sê.

Gebed
Vader, help my om ander te aanvaar, terwyl ek begryp hoe diep U aanvaarding van my is, in Jesus se Naam. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog