Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Verwarring"
"Hoekom het hy/sy my verlaat? Hoekom is ons gesin verwoes? Wat het ek verkeerd gedoen?" Bitter min lewensgebeure veroorsaak soveel verwarring soos 'n egskeiding.
Daar is so baie dinge wat in 'n mense se gedagtes opkom. Die meeste van hulle is 'n mors van tyd en in vrees gesetel. Vrees kan ook beskryf word as "F.E.A.R. — False Evidence Appearing Real".
Negatiewe gedagtes oor wat die toekoms mag inhou, het geen nut of waarde nie en ontneem jou van jou vrede. Wanneer jy vasklou aan wat DALK in die toekoms mag gebeur, vergeet jy om die hede aan te pak.
Weet net dat jy nie 'n lewe van verwarring hoef te leef nie. Jy moet beheer neem oor die dinge waaroor jy beheer het en die res aan God oorlaat. Glo dat Hy jou rustigheid sal gee sodat jy jou emosies onder beheer kan kry.
Soek gelowige mense wat jou raad en leiding kan gee. Of jy met emosionele, finansiële of daaglikse kwessies worstel, praat met iemand wat saam met jou deur jou gedagtes kan werk en lig op alles werp.
God gee ons geloof sodat ons Hom kan toelaat om ons stryd vir ons te stry, veral dié wat ons nie weet hoe om te hanteer nie. Hy is die een wat verwarring vervang met vrede.
Wanneer jy nie antwoorde oor die hoekoms het nie, reik uit na die Een wat al die antwoorde het. Die antwoorde is dalk nie dit wat jy wou gehad het nie, maar hulle sal die regtes wees.
Gebed
Vader, leer my om na U toe te kom vir al die antwoorde op my vrae en gee my die krag om geloof te hê dat U my gedagtes sal lei. In Jesus se naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog