Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 17 VAN 23

Die Rol van die Man

Petrus het uitgewys dat vroue aan hulle mans onderdanig moet wees. Daarna het hy die man se rol in die huwelik aangespreek. Mans moenie hulle vroue onderdruk of hulle posisie as hoof van die gesin uitbuit nie. Inteendeel, dit is die mans se verantwoordelikheid om: "verstandig met julle vrouens saam te leef". 'n Man moet aandag skenk aan sy vrou se behoeftes en vir haar sorg. 

Die vrou word hier beskryf as "die swakker geslag". Dit kon na haar posisie verwys, dat sy minder gesag as die man gehad het, of na die feit dat 'n vrou gewoonlik minder liggaamlike krag as 'n man het. Dit maak 'n vrou weerloos teenoor haar man. Die man mag nie voordeel trek uit haar swakheid nie! In plaas daarvan moet hy aan haar eer bewys, en sy liggaamlike krag gebruik om haar te beskerm en om vir haar te voorsien.

Hierdie onderrig oor 'n man se rol in die huwelik pas in die groter prentjie van leierskap in die Bybel. Gesag en mag kom altyd met verantwoordelikheid. Om in 'n leierskap posisie te wees, vereis toewyding en self-opoffering vir die welvaart van hulle wat aan ons sorg toevertrou is.

Het jy rolmodelle wat hierdie opdragte navolg? Of misbruik mans óm jou hulle gesag?  

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org