Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 20 VAN 23

Die Lyding van Christus Teenoor die Lyding van Christene



Die apostel Petrus vergelyk die lyding van sy lesers met die lyding van Christus. In vers 17 verklaar Petrus: "As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen." In vers 18 gaan hy voort: "Ook Christus het eenmaal vir die sondes gely … " Daar is 'n sekere ooreenkoms tussen albei soorte van lyding. Soos Jesus aan sy dissipels gesê het: "Onthou wat Ek vir julle gesê het: ''n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg'" (Johannes 15:20). Dit is vertroostend, want Jesus weet presies waardeur sy kinders gaan.



Daar is party belangrike verskille tussen die lyding van Christus en die lyding van Christene. Jesus Christus was volmaak regverdig. Gelowiges is nie. Sy lyding was 'n offer van boetedoening wat vir die sondes van die mensdom betaal het. Geen menslike offer kan dit ooit doen nie. Dit is ook nie nodig nie, want Jesus het die prys vir ons sonde eens en vir altyd betaal. Sy dood was genoeg om "ons na God te bring". Ons eie lyding kan nie enigiets daarby voeg nie.



Dankie Jesus, vir u lyding, dood, en opstanding!


Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid