Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld
'n Ander Pad Na Sukses
Baie mense verkry sukses in die lewe deur harde werk, deur 'n doktorsgraad te verwerf, deur met invloedryke mense te netwerk, ensovoorts. Sommige probeer om hulleself te bevorder deur ander in 'n slegte lig te stel. Die pad na sukses kom dikwels teen 'n groot koste vir die betrokke persoon, of vir die mense om hulle. Dit is soos 'n hindernisren waar net die sterkste suksesvol is.
God bied 'n ander pad na sukses. As ons begeer om die lewe lief te hê en goeie dae te beleef, hoef ons nie noodwendig 'n goeie loopbaan te bou of 'n suksesvolle besigheid te begin nie. Ons moet vrede najaag en regverdig wees. Ons moet "eensgesindheid, simpatie, broederliefde, 'n sagte hart, en 'n nederige siel" hê, en nie kwaad met kwaad vergeld nie.
Hoe kan so 'n houding ooit na sukses lei? Sal mense nie oor ons loop as ons vriendelik, sag, en nederig is nie? Waarskynlik, ja, maar die Here belowe sy seën aan mense wat ander seën. Sy oë is op die regverdige om hulle "goeie dae" te gee. God se seën is baie belangriker as aardse sukses. "Om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms" (1 Timoteus 4:8).
Aangaande hierdie leesplan
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More