Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Kan lyding 'n seën wees?
Petrus se woorde is 'n skynbare teenstrydigheid. In vers 13 vra hy wie ons kan seermaak as ons ywerig is vir dit wat goed is? 'n Soortgelyke vraag vind ons in Romeine 8:31: "God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?" Dit kom voor asof Christene van probleme gevrywaar is.
Dan gaan Petrus voort: "Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is …" (1 Petrus 3:14). Dit was nie 'n denkbeeldige, onwaarskynlike opsie nie. Dit was die daaglikse werklikheid vir baie van Petrus se lesers! Romeine 8 praat van lyding, benoudheid, vervolging, honger, naaktheid, gevaar, en die swaard as werklike gevare waarvoor Christene te staan mag kom. Hoe kan Petrus en Paulus dan sê alles is reg?
Daar is blykbaar iets van groter waarde in al hierdie lyding, iets wat nie verlore kan gaan of deur ons vyande beskadig kan word nie. Dit is God se seën. Jesus Christus het dit reeds gesê: "Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel" (Matteus 5:10).
Lyding op sigself is nie begeerlik nie. Hulle wat egter swaarkry ter wille van geregtigheid, word deur Jesus geseënd genoem. Hulle loon sal groot wees in die hemel (sien Matteus 5:11-12).
Aangaande hierdie leesplan

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
