Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 21 VAN 23

Jesus Het Getriomfeer


Jesus Christus is uit die dood opgewek. Engele het sy opstanding aangekondig en Hy het aan sy dissipels verskyn. Hulle het weer op hulle beurt die goeie nuus van Jesus se triomf oor die hele aarde bekendgemaak. Die apostel Petrus vertel ons dat die oorwinning van Jesus Christus ook "aan die geeste in die tronk" verklaar is.



Dit is nie maklik om te verstaan wie hierdie "geeste" is nie. Die Skrif verklaar hulle was ongehoorsaam aan God in die dae van Noag, toe "die verdorwenheid van die mens groot was op die aarde" (Genesis 6:5), en hulle nie berou getoon het nie, maar God nogtans met hulle geduldig was. Sommige mense dink hulle is gevalle engele wat wag vir hulle finale oordeel in die hel. Ander dink dit is meer waarskynlik mense wat dood is in hulle ongehoorsaamheid en nou gestraf gaan word.



In beide gevalle kom Jesus nou om oor hulle te triomfeer: "sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig" (Filippense 2:10). Selfs sy vyande moet voor Hom neerbuig. Engele, owerhede, en kragte is aan Hom onderworpe. Jesus het alles verower!


Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid