Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld
Die Voorbeeld van Heilige Vroue
Petrus sonder Sara uit as 'n voorbeeld van 'n vrou met innerlike skoonheid, en doen 'n beroep op Christenvroue om haar voorbeeld te volg. Wat was so spesiaal aan Sara dat ons haar gedrag moet navolg? Om maar een ding te noem, sy het haar aan haar man onderwerp en aan hom respek betoon. Deesdae mag dit nogal snaaks klink om jou man "heer" te noem, maar in daardie dae was dit 'n algemene uitdrukking van respek en onderdanigheid. Vandag mag vroue ander maniere vind om dieselfde gesindheid van haar hart uit te druk, deur haar man as "hoof" van die gesin te respekteer.
Behalwe om onderdanig te wees, word Sara beskryf as 'n vrou wat goed gedoen het en niks gevrees het wat vreesaanjaend was nie. Daar kan baie dinge wees wat ons bang maak. Die Bybel bevat baie voorbeelde van mense in baie moeilike situasies wat vermaan is om nie bang te wees nie, omdat die Here by hulle was. Toe die Israeliete byvoorbeeld gereed was om 'n vyandige land binne te gaan, het God vir hulle gesê: "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie” (Deuteronomium 31:6). So 'n gesindheid vereis geloof in God.
Is jy so 'n gelowige vrou (of man) wat goeie dinge deur die krag van God doen?
Aangaande hierdie leesplan
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More