Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld
Die Rol van Vroue Binne die Huwelik
Die Bybel gee 'n duidelike beeld oor man- en vrouwees. "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep" (Genesis 1:27).
God het mans en vrouens doelbewus verskillend geskape. God wou nie gehad het hulle moet op elke manier dieselfde wees nie. In die huwelik het die man en die vrou elkeen 'n eie rol. Vroue word geroep om "onderdanig aan jou man te wees". Hierdie onderdanigheid van vroue beteken nie dat hulle hulle mans blindweg in alles volg nie. Petrus praat met die Christenvrou wie se man nie gelowig is nie. Dit was nogal verbasend in daardie dae, want vroue was veronderstel om hulle mans se geloof te volg, om dieselfde vriende as hy te hê, ensovoorts. Dit geld blykbaar nie vir Petrus se lesers nie. Hy sê hulle moet aan hulle mans onderdanig wees, maar hulle eerbied teenoor die Here moet meer wees. Vroue was vry om Jesus Christus as hulle Verlosser en Saligmaker te volg, selfs as hulle mans nie geglo het nie. In sulke omstandighede is hulle onderdanigheid nog belangriker as 'n getuie, sodat hulle mans moontlik tot die evangelie aangetrokke kon voel wanneer hulle hul vroue se respek en suiwer optrede sien.
Is jou gesindheid 'n positiewe getuie vir jou man of die ander mense om jou?
Aangaande hierdie leesplan
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More