Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Hardkoppige en Hulpelose Skape
Die beeldspraak van skape en herders word dikwels in die Bybel gebruik. Jesus stel Homself voor as "die goeie Herder" en mense word met skape vergelyk. Dit is nie eintlik 'n kompliment vir ons mense om met skape vergelyk te word nie. Skape word voorgestel as hulpelose en dikwels hardkoppige diere. Hulle het iemand nodig wat voedsel, water en beskerming teen ondiere kan verskaf. Hulle kan nie vir hulleself sorg nie. Vandag se vers wys daarop dat hulle geneig is om weg te dwaal as hulle nie deur 'n herder dopgehou word nie.
In Johannes 10 sê Jesus dat sy skape Hom volg wanneer hulle sy stem hoor. Die probleem is dat die meeste mense van God af weggedwaal het en Hom nie meer ken nie. Hulle verkies om op hulle eie voort te gaan. Nou is die meeste van hulle verlore en loop die gevaar om hulle lewens te verloor.
Dit sou vir God logies gewees het om te sê: "Jy het gekry wat jy gesoek het. Jy het jou rug op My gekeer en nou moet jy die gevolge dra." Jesus het egter iets gans anders gedoen. Hy het sy lewe vir daardie hardkoppige skape gegee en hulle nader aan Hom getrek. Hy nooi nog steeds diegene uit wat nog nie in sy kraal is nie, om terug te keer.
Is jy 'n hardkoppige wegloopskaap, of het jy al na die goeie Herder teruggekeer?
Aangaande hierdie leesplan

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
