Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou TestamentVoorbeeld

Iron Sharpens Iron: Life-to-Life® Mentoring in the Old Testament

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Mordegai en Ester

Ons het vroeër na Naomi en Rut se verhaal gekyk en gesien hoe 'n skoonma 'n belangrike rol kan speel om 'n skoondogter te begelei. Hier sien ons hoe God ons kan gebruik om die lewens van ander familielede te beïnvloed ter wille van die ewigheid, selfs 'n jong niggie (of 'n dogter) van die teenoorgestelde geslag. 

Mordegai het tydens die ballingskap van God se volk in Susan, Persië, gewoon. Hy het begin om sy niggie, Ester, te begelei wat wees agtergelaat is. Sy was soos 'n dogter vir hom. Gedurende die proses sien ons dat hy die regte persoon, op die regte tyd in Ester se lewe was en dat sy, “met die oog op ‘n tyd soos hierdie!” die regte persoon was om in die gaping tussen God se volk en hulle vyande te staan. 

In die 10 hoofstukke van die boek Ester, sien ons hoe hierdie onwaarskynlike jong dame die koningin geword het. Ester het weens haar jeugdigheid en min ervaring, asook die feit dat sy ‘n Hebreeuse gevangene was, leiding nodig gehad wat net ‘n ervare ouer persoon vir haar kon gee. 

Ester se neef Mordegai het haar op dié pad gelei en omdat sy vir hom geluister het, het sy in die oë van diegene om haar, guns gevind. Toe ‘n bose komplot beplan word om al die Jode in die land uit te wis, het Mordegai vir Ester gelei om met elke tree op God te vertrou en om namens God se volk in te tree. 

God het ingegryp! Mordegai se mentorskap het nie net Ester se lewe verander nie, dit het ook ‘n nasie verander. God het nie net sy volk bewaar nie, Hy het ook die uiteindelike koms van die Here Jesus Christus beveilig! 

Die feit is dat ons nooit weet wat God beplan wanneer Hy ons lei en gebruik om in ‘n Lewe-tot-Lewe verhouding saam met ‘n ander persoon te stap nie. God het elke individu lief en begeer om te sien hoe, hy of sy, voortdurend tot groter godsaligheid groei. Terselfdertyd het ons, in al die Lewe-tot-Lewe verhoudings waarna ons gekyk het, duidelik gesien hoe God altyd besig is om op wonderlike maniere te werk om sy doelwitte in die wêreld te bereik — in die proses gebruik Hy mense soos ek en jy! 

Mag hierdie oorsig van Lewe-tot-Lewe mentorskap-verhoudings in die Ou Testament jou inspireer om te belê in diegene om jou — waar jy woon, werk en bid! 

_____

Ons wil graag vir Dean Ridings, skrywer van "The Pray! Prayer Journal", bedank vir die leesplan.  Besoek ook gerus, "The Navigators".

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Iron Sharpens Iron: Life-to-Life® Mentoring in the Old Testament

Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.

More

Ons wil graag "The Navigators" bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by: https://www.navigators.org/youversion