Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou TestamentVoorbeeld
Dag 4: Dawid en Jonatan
Die wedersydse vriendskap tussen Dawid en Jonatan bied 'n ander blik op hoe Lewe-tot-Lewe mentorskap kan lyk.
Koning Saul was Israel se eerste koning en Jonatan was sy seun. Saul het, ten spyte van sy nederige herkoms, begin om God te verontagsaam en sy vorstehuis begin vestig. Die vestiging daarvan, was ook gedeeltelik sy strewe om te verseker dat Jonatan hom eendag as koning sou opvolg.
Dit was egter nie God se plan nie. God het die profeet, Samuel, gelei om die jong skaapwagter, Dawid, as Saul se uiteindelike opvolger te salf. Dawid was 'n man "na God se hart." Koning Saul was ongelukkig allesbehalwe dieselfde. Saul het dus, uit pure jaloesie, meedoënloos vir Dawid agtervolg met die doel om hom dood te maak en die weg te baan vir Jonatan om hom as koning op te volg. (Lees 1 Samuel 1-31.)
Te midde van al die chaos het daar iets onwaarskynlik gebeur: Dawid en Jonatan het sielsgenote geword: "... die siel van Jonatan [het] verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonatan het hom liefgekry soos sy eie siel" (1 Samuel 18:1 AFR53). Daar was geen wedywering of kommer dat enigeen die vriendskap nadelig sou beïnvloed nie; die twee was vasbeslote om ongeag enigiets, daar te wees vir mekaar.
Ons sien die oproep vir sulke wedersyds, voordelige verhoudings regdeur die Bybel. Dit word spesifiek in twee hoofstukke van Spreuke uitgelig: "Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook 'n vriend wees wat nader aan jou is as jou eie broer" en "Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar" (Spreuke 18:24; 27:17). NLV.
Uit Dawid en Jonatan se vriendskap leer ons die belangrikheid van iemand wat jou werklik "deur dik en dun" bystaan. Dawid se seun Salomo het juis geskryf, twee is inderdaad beter as een (Prediker 4:9-12) en "'n driedubbele tou breek nie maklik nie" (v. 12) — met God in die verhouding.
Aangaande hierdie leesplan
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.
More