Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou TestamentVoorbeeld
Dag 2: Moses en Josua
Moses was God se regterhand gedurende 'n sleuteltyd in die geskiedenis van God se volk. God het hom gebruik om die Hebreërs uit Egipte en uiteindelik tot op die drumpel van die beloofde land te lei.
Moses het 'n dosyn mans, wat die 12 stamme van Israel verteenwoordig, uitgekies om die land te verken. Een van hulle was Josua, seun van Nun, uit die stam Efraim (Numeri 13:16). Hy en Kaleb, 'n ander lid van die 12, het 'n goeie verslag gebring wat vertroue weerspieël dat hulle, met God se hulp, die beloofde land sal kan inneem!
Moses se verhouding met Josua regdeur die boeke Eksodus en Numeri werp lig op die belangrikheid van lewe-tot-lewe mentorskap tussen geslagte. (Vir dieper oordenking, lees Eksodus 24:13; 32:17; 33:11; en Numeri 11:25-29; 13:1-14:10.)
Regdeur die Hebreërs se 40-jaarlange reis deur die Sinaiwoestyn, gebruik die Here vir Moses om 'n "GBG" man te bou, naamlik, iemand wat Gelowig, Beskikbaar, en Gewillig is om te leer. Sodoende, deur lewe-tot-lewe mentorskap, het Moses die volgende leier van die Hebreërs opgelei. Josua sou uiteindelik God se volk in die beloofde land inlei.
Wat kan ons uit Moses se voorbeeld leer? Bid en oorweeg om 'n jonger persoon in jou invloedsfeer te nader. Soos God vir Moses iemand uitgewys het wat naby aan God en naby aan hom gebly het, mag God dalk vir jou 'n soortgelyke "GBG" persoon uitwys. Wie is môre God se manne en vroue? Miskien sal God jou gebruik om 'n toekomstige leier van familie, vriende, of selfs 'n kerk of bediening op te lei.
Aangaande hierdie leesplan
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.
More