ESTER 4:1-3

ESTER 4:1-3 AFR83

Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hard en bitterlik gekerm. So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie. In al die provinsies waar die besluit en die proklamasie van die koning bekend geword het, was daar groot smart onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gekerm, en baie het rouklere aangetrek en in die as gaan lê.