ESTER 2:19-20

ESTER 2:19-20 AFR83

In die tyd toe die jongmeisies daar bymekaar was, het nog iets gebeur: Mordegai het in die poort van die koning se paleis gesit, en Ester het in dié stadium nog nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het; sy het Mordegai se opdrag uitgevoer soos toe sy nog onder sy sorg was.