Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld
Laat Jou Lig Skyn
Psalm 27:1a
Die Here is my lig en my redder, ...
As jy na 'n donker plek toe gaan, sal jy 'n flitslig saamneem. Jy het die flitslig nodig om dinge te sien wat net deur lig bereik kan word. Lig oorwin duisternis. Wanneer jy die lig in die duisternis skyn, sal die duisternis verdwyn.
Dawid het verklaar dat God sy lig en redding is. God was die lig wat Dawid deur donker en moeilike dae gelei het. Duisternis is die simbool van vrees en benoudheid. Lig is die teenoorgestelde hiervan. God het vir Dawid van so 'n lig voorsien om die duisternis te oorwin.
God is die Skepper van fisiese lig sowel as die Gewer van geestelike lig sodat ons die waarheid kan erken. Sonder sy lig sal ek en jy, net soos die wêreld, in die duisternis wandel. Om God te ken, sy wysheid te soek, sy waarheid te verstaan en in geregtigheid te lewe, sal al jou vrese en benoudheid oorwin.
Sommige mense wat jy ken, leef dalk in die duisternis. Wees 'n flitslig vir hulle en skyn God se lig in hul duisternis sodat hulle opnuut 'n hoop voor hulle kan sien.
Gebed
Liewe Vader, ek is nie bang nie en ek gaan u lig op my laat skyn. U is die wonderlike Lig wat die duisternis om my en binne-in my oorwin. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.
More