Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld
Die Goedheid van God
Psalm 31:20a
Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien
Het jy al baie munte in jou spaarvarkie gespaar? Om hom vol te kry, moet jy getrou en geduldig meer en meer munte byvoeg en dit spaar. As hy vol is, sal jy baie opgewonde wees om uit te vind hoeveel geld jy gespaar het en wat jy daarmee sal kan koop!
Net soos jy munte in die spaarvarkie wegsit, berg God ook baie seëninge, guns en genade op vir jou lewe en vir jou toekoms!
Wanneer jy aanhou om God getrou te eer, sal jy op die regte tyd 'n opgebergde seën ontvang. Wanneer jy geduldig op God wag, sal sy seëninge jou vind sonder dat jy probeer om hulle te vind.
God se goedheid word vir jou bewaar. Dit word bewaar vir jou toekoms. God se genade raak nooit op nie. Hy het onbeperkte hulpbronne. God sal sy goedheid beveel om jou te volg.
Selfs wanneer jy 'n slegte dag het, stort God voortdurend sy goedheid op jou uit. Sy goedheid is nie van jou afhanklik nie, maar van wie Hy is.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir u goedheid wat U vir my toekoms weggebêre het. U is goed en genadig; ek is lief vir U en vertrou U. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.
More