Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 16 VAN 19

God Seën Ons Land

Psalm 33:12a

Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is

Hierdie pragtige Psalm is deur koning Dawid geskryf. Hy moes gedurende sy leeftyd die verskil gesien het tussen die nasies wat die ware God aanbid het en dié wat valse gode aanbid het. Hy moes gesien het hoe God se magtige hande die nasies beskerm het wat op Hom staatgemaak het.

Koning Dawid moes geleer het dat hy nie op sy groot leërs, perde of sy eie kragte moes staatmaak om te oorleef nie. Net so word ons nie deur ons eie krag of goedhartigheid gered nie. Ons word deur God beskerm en gered. Hy waak oor ons vanuit die hemel om ons te beskerm en te versorg.

Jy is nie te jonk om vir jou nasie te begin bid nie. Bid vir die land waarin jy bly. Bid vir die stad waarin jy woon. Bid vir die plek waar jy studeer. Bid sodat herlewing daar kan plaasvind. Bid dat die mense en die regering altyd hulle hart na God wend. Mag ons land altyd geseënd, beskerm en voorspoedig wees.

Gebed

Liewe Vader, ek bid vir my land _________ . U is die weg, die waarheid, en die lewe. Mag u aangesig skyn oor my land. Amen. 

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion