Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld
God Se Guns Is Ewigdurend
Psalm30:6a
Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank.
As jy iets verkeerd gedoen het, mag jou ouers jou straf. Nadat hulle jou gestraf het, jou verskonings aanvaar het, en 'n indringende gesprek met jou gehad het, sal jou ouers se woede onmiddellik bedaar. Ouers se woede teenoor hul kinders duur gewoonlik nie te lank nie.
Dawid het geskryf oor sy ervaring dat al sy vrees, pyn en stryd wat hy in die wêreld ervaar het, net tydelik was, en hy sou nooit ontsenu word solank hy aan God getrou gebly het nie. Dawid het geweet dat God se guns, barmhartigheid en vreugde ewigdurend was!
Hy het gesê dat hy mag dalk snags in die duisternis sit en huil, maar wanneer die son in die oggend opgekom het, sou die sonlig die duisternis verdryf. Nuwe vreugde en krag van God sou sy trane wegneem!
Vir diegene wat geroep is volgens God se doel, is sy woede net vir 'n baie kort tydperk en solank ons na Hom toe kom en berou toon, sal sy woede altyd in guns en seëninge verander. God se guns en barmhartigheid duur vir ewig!
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my hartseer in 'n dans omskep het. Help my om te weet dat U my altyd hoor wanneer ek na U roep. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.
More