Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld
Val, maar Bly Nie Lê Nie
Psalm 37:24a
As so iemand val, bly hy nie lê nie
Stel jou dit voor. Een aangename aand het jy en jou ouers naby jul huis gaan stap. Terwyl julle so stap het jy nie die klippie voor jou gesien nie en op een of ander manier het jy gestruikel en geval. Jou ouers het dit gesien; hulle het jou dadelik weer op jou voete gehelp en jou met hulle hande vasgehou sodat jy kon aanhou loop.
Net so sal God jou altyd met sy magtige hand vashou. Dit maak nie saak wat gebeur nie, jy sal veilig wees. Jy mag struikel of val as gevolg van probleme of uitdagings wat jy ervaar, maar God se hand sal joune styf vashou sodat jy nie sal bly lê te midde van jou situasie nie. Hy sal jou ondersteun sodat jy jou balans en krag kan herwin om aan te hou loop.
Elke tree in jou lewe is ontwerp en gerig deur God. Hy is in beheer van die detail van jou lewe. Selfs wanneer jy voel jy gaan val, moet jy dit asseblief in gedagte hou, God sal jou nooit verlaat nie. Staan op en loop saam met God!
Gebed
Liewe Vader, dankie vir u magtige hande wat my altyd vashou. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.
More