Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 17 VAN 19

Haai, Luister! 

Psalm 34:12(NLV)

Kom, kinders, luister na my! Ek sal julle leer hoe om die Here te dien.

Koning Dawid het geskryf en die kinders daaraan herinner om na hom te kom luister, want hy wou hulle vertel van maniere hoe om volgens God se weë te lewe. 

Wanneer 'n onderwyser vir die kinders in die klaskamer sê: "Haai, wees stil, en luister na my," beteken dit dat al die leerders moet stil bly en vir hom kyk, voordat hy hulle kan begin leer. Sodra die leerders stil is en hul aandag op die onderwyser vestig, kan hulle verstaan wat hy hulle leer. 

Dit is wat God van jou en my verwag. Ons moet ophou praat, 'n oomblik afstaan van dit waarmee jy besig is, en stil wees voordat Hy met jou kan begin praat. Dis die enigste manier hoe jy na Hom kan begin luister en sy woorde gehoorsaam. Ons moet na God luister en gereed wees om Hom te gehoorsaam.

Deur jou tong te beheer, is een van die maniere om God te gehoorsaam. Moenie leuens vertel nie en moenie slegte woorde wat seermaak sê nie. Mag daar net positiewe en vreedsame woorde uit jou mond kom. 

Gebed

Liewe Vader, my oë is op U gevestig, en my ore luister na U. Help my om altyd die regte en vreedsame woorde te kies wanneer ek praat. Amen. 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion