Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 12 VAN 19

God Sal Nooit Sy Rug Op Jou Draai Nie

Psalm 25:16

Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote.

Op stadiums in jou lewe mag jy dalk eensaam voel. Eensaamheid is 'n innerlike gevoel. Wanneer eensaamheid jou tref, voel dit asof almal hul rug op jou gedraai het. Die ergste van alles is dat jy mag dalk voel dat selfs God sy rug op jou gedraai het. 

Toe Dawid vir God gesê het dat Hy Hom tot hom moet wend, het hy eensaam en geteister gevoel. Dawid was hartseer, maar hy het nie gekla nie! Dawid het eenvoudig gevra dat God Hom tot hom sal wend. Hy wou net hê dat God hom raaksien. Dawid het geweet dat dit genoeg sou wees as God hom en sy situasie raaksien.

Voel jy so eensaam vandag dat dit voel of God sy rug op jou gedraai het? Wees verseker, God het nog nooit sy rug op jou gedraai nie, en Hy sal ook nooit nie! 

Gebed

Liewe Vader, ek kom na U toe en gee al my gevoelens van eensaamheid oor aan U. Ek wag op U want ek weet U sal nooit u rug om my draai nie. Amen. 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion