PSALMS 25:15-21

PSALMS 25:15-21 AFR83

My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende. Kyk hoe sleg gaan dit met my en hoe swaar kry ek. Vergewe tog al my sondes. Kyk hoe baie vyande het ek en hoe fel haat hulle my. Beskerm my en red my, laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek.