'n Sprong van VreugdeVoorbeeld

A Jolt of Joy

DAG 13 VAN 31

Wat is vreugde in elk geval? Is daar 'n een-woord definisie wat die intensiteit van die eenvoudige, wonderbaarlike woord beskryf? Ek dink nie so nie... maar miskien is daar 'n oneindige aantal betekenisse in die Woord van God wat hierdie kragtige woord beskryf, wat 'n totale verskil in die Christen se lewe maak!

Vreugde is die vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Vreugde is die skare toeskouers wat jou wild toejuig!

Vreugde is die wete dat niks jou van God se liefde kan skei nie!

Vreugde is om op water te loop! Vra maar vir Petrus!

Vreugde is om water in wyn te verander en duisende te voed met die sakkie kos van 'n ruimhartige seuntjie.

Vreugde is engele op 'n sterrenag rondom die heuwels van Betlehem.

Vreugde is omtrent die grootte van 'n mosterdsaadjie.

Vreugde is kinders ... van alle vorms en groottes ... wat sit op die knie van die een wat hulle liefdevol "Leermeester" noem.

Vreugde is 'n trop varke wat in die water stort en verdrink!

Vreugde is die maagdelike meisie wat vir die engel sê, "Laat dit met my gebeur volgens u woord."

Vreugde is 'n baba wanneer jy 90 jaar oud is!

Vreugde is 'n stroom in die woestyn en 'n pad in die wildernis.

Vreugde is sy wonderbaarlike, onuitblusbare teenwoordigheid in my eenvoudige lewe.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

A Jolt of Joy

Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: www.justjoyministries.com